Persoonlike voornaamwoord

'n Persoonlike voornaamwoord is 'n voornaamwoord wat die plek van 'n selfstandige naamwoord, spesifiek in die plek van 'n naam, 'n persoon of persone gebruik word.

Name word nie opeenvolgend herhaal nie, opeenvolgende name word eerder met 'n persoonlike voornaamwoord soos hy, sy, u, hom of haar vervang. Dit sou, as voorbeeld, verkeerd wees om te sê: "Frank vra of Frank maar 'n lekkertjie kan kry, want Frank was soet." Hier sal mens eerder persoonlike voornaamwoorde inspan: "''Frank vra of hy maar 'n lekkertjie kan kry, want hy was soet." Die persoonlike voornaamwoord, hy verwys dus hier terug na die persoon of naam, Frank.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search